Weg! Platteland

C’est la vie!

Drie maande per jaar bied sy kookklasse aan op die Franse platteland, en nou het Westhuizen se nuwe boek, Geheime van ’n Franse kookklas, verskyn.

-

Hoekom is Suid-afrikaners so lief vir die Franse platteland? Daar is iets wat resoneer met ons: die wyse waarop die Franse net so gul soos ons met hulle gaste omgaan, ’n mildelike tafelkultu­ur wat só bekend is, die gedeelde genot vir ’n okkasie en ’n fees. Stilte. Wat kry jy daar op die platteland wat jy nie hier kry nie? Daar is ’n verfynde en baie ou geskiedeni­s waarvan ’n mens die heeltyd bewus is: pragtige geboue, katedrale en kerkies; ’n poskantoor wat per geleenthei­d oop is; ’n hoekkafee wat toemaak as die laaste vars brood verkoop is; klipstraat­jies en beierende kerkklokke. Wanneer en hoe het julle op die dorpie Charroux beland? Met my suster se hulp het ek 13 jaar gelede my eerste kookklas in Boussac aangebied, en drie jaar later het ons ’n huisie in die middel van die 12de eeuse geskiedkun­dige dorpie Charroux gekoop. Charroux is enkele maande gelede aangewys as een van die 11 mooiste dorpies in Frankryk. Die Franse koop elke dag vars bestanddel­e vir aandete. Hoekom is markte hier ’n naweekuits­tappie en nie ’n daaglikse ritueel nie? Ons begin dit amper regkry. Ons kan gerus meer planne beraam sodat produsente en groentetui­nliefhebbe­rs rondom en ín ons dorpe en stede twee keer per week ’n tafel in ’n openbare plek kan opslaan om hulle produkte direk aan die publiek te verkoop. Wat het jou kookklasse jou oor óns eetgewoont­es geleer? Die filosoof Marthinus Versfeld se boeke het my laat besef watter voorreg dit is om ’n bord kos wat jy self gemaak het, voor ’n ander mens neer te sit. Daardie persoon vertrou jou met sy lewe. Daarom moet jy altyd die kos, tafel én die geselskap met ’n warm hart benader. Soos ek in Geheime sê: Druk ’n blom in die melkbeker en trek jou rooi rok aan. • Lees by goodfoodco.co.za meer oor 2015 se klasse. • Ons gee twee eksemplare weg – blaai na bl. 21. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa