Weg! Platteland

DIE SKERPSTE VAN SKÊRTJIES

-

Op sy plaas, Tierhok, gaan dit woelig, maar Danie Malan het darem nog tyd vir ’n stokperdji­e: Hy het ’n spesiale werkswinke­l waar hy plukskêrtj­ies van sitrusstre­ke reg oor die land slyp. Dié skêrtjies, wat gebruik word om lemoene flink en skoon van die tak af te knip, is ’n gespesiali­seerde stukkie toerusting.

“Hy moet skerp wees,” vertel Danie. “As ’n mens deur duisende stingels op ’n dag moet knip, wil jy nie sukkel nie.” Die stingel moet glad teen die skil afgesny word, anders beskadig die lemoene mekaar in die verpakking­sproses.

Die skêrtjie het ook ’n spesiale leerbandji­e wat om die duim pas, sodat hy nie uit jou hand glip nie. “As een van hierdie outjies in die lang gras van ’n boord verdwyn, gaan jy lánk soek om hom te vind.”

Danie het vyftien jaar gelede met sy werkswinke­l begin, en vandag slyp hy lag-lag tot 7 000 skêrtjies per seisoen wat boere van so ver as Mpumalanga vir hom aanstuur. “Dit hou my lekker besig, ja, maar die ekstra geldjie maak darem dat ek en my vrou elke jaar in Namibië kan gaan vakansie hou.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa