Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Pierre Joubert Voorsitter van die besproeiin­gsraad

“Die dorp is baie goed geleë. Hier het jy die beste van twee wêrelde: die pragtige landbouval­lei, en die see by Jeffreysba­ai is net ’n halfuur se ry hiervandaa­n.”

Lizelle van Waardenbur­g Kelnerin by die Padlangs-padstal

“Ek is al drie jaar hier. Al was dit aanvanklik ’n bietjie moeilik om in te skakel, geniet ek die gemeenskap nou baie. Hier’s net nie baie te doen vir jong mense nie!”

John Moore Hoteleiena­ar

“Ek is al sewe jaar hier. Ek het moeg geraak vir die stadslewe, en ’n gap gesien met die hotel. Nou is ek grys! Maar ja, die groot pluspunt is die hoër lewensgeha­lte… en dat alles wat jy nodig het, so naby aan mekaar is.”

Connie Müller Boer

“Ek het deur die jare al baie inkommers dopgehou. As hulle hier aanland, dan huil hulle oor hulle die stadslewe mis. Maar as hulle die slag weer hier moet weggaan, dan huil hulle éérs.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa