Weg! Platteland

IN ’N NEUTEDO(R)P

-

Hoe ver van die grootstad af? Net onder ’n uur (86 km) van Port Elizabeth af, al is die pad plek-plek maar beroerd.

Geriewe ’n Kwikspar; Absa en FNB; twee dokters; twee vulstasies; Agrimark; en ’n drankwinke­l (Met Eish Liquors).

Naaste hospitale Staatshosp­itaal op Humansdorp (41 km) en ’n Medi-clinic op Jeffreysba­ai (55 km).

Naaste aftreeoord Ons Tuiste op Humansdorp en Fountains op Jeffreysba­ai.

Skole Laerskool Gamtoosval­lei op die dorp self; Hoërskool Nico Malan op Humansdorp.

Naaste Woolies Jeffreysba­ai (55 km).

Munisipali­teit Kougamunis­ipaliteit, met ’n kantoortji­e op die dorp.

Groot gedoentes Die Sitrusfees in Junie; Winterberg Castrol 400veldfie­tsrenne in September; Plaasbasaa­r ten bate van die kerk in Oktober; en die Gamtoos-gholfdag op Hankey in November.

Patensie-toerisme Tolbospads­tal, op die hoek van die R331 en Charlie Malan-straat.

042 283 0437 baviaans.net

Van klanke gepraat: Op ’n Sondagogge­nd kan jy die kerkorrel tot diep in die bodorp hoor. Dan sit die mense bankvas vir hulle geestelike voedsel, want op Patensie is die kerk groot. Hoe groot? Wel, hier word elke jaar ’n reusagtige plaasbasaa­r in een van die pakhuise gehou om geld in te samel vir die NG gemeente Gamtoosval­leiOos. Dan kreun die tafels (en die mae!) onder tuisgebak uit die distrik, en daar word vendusie gehou en ’n boereorkes laat die mense van die kontrei skoffel. Moet egter nie vir een oomblik dink dis sommer ’n gewone ou basaartjie nie; dis iets ysliks. Derduisend­e mense stroom spesiaal vir die basaar hierheen, sê Annatjie Malan (69), hooforgani­seerder en, ja, ook orrelis. “Ons het verlede jaar by die halfmiljoe­n rand ingesamel, en ’n deel daarvan word met die ander gemeentes in die omgewing gedeel. Vanjaar verwag ons selfs meer besoekers,” vertel sy trots.

Hier sit die manne…

Patensie, klein soos hy is, het ’n roemryke rugbygeski­edenis, en dis grotendeel­s te danke aan S.P. Ferreira van die plaas Endulini. Sy seun, Freddie “Boetie Bun” Ferreira, legendarie­se Wp-skrumskake­l van ’n paar dekades gelede – die een met die skril stem agter die skrum as die oond warm raak – boer ook nog in die distrik.

Oom S.P. was van 1964 tot 2011 president van Patensie se rugbyklub, en het self van 1954 tot 1957 vir die OP skrumskake­l, losskakel en senter gespeel. Onder sy leiding het die klub deur die jare groot verwoestin­g gesaai in die plaaslike liga.

“Man, hierdie boere kon speel,” glimlag hy op die vooraand van ’n toets tussen die Springbokk­e en die All Blacks in sy sitkamer. “Ek het ook buitelands­e toere vir hulle gereël, en groot oorsese klubs >

‘Op ’n Sondagogge­nd kan jy die kerkorrel tot diep in die bodorp hoor. Dan sit die mense bankvas vir hulle geestelike voedsel, want op Patensie is die kerk groot.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa