Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Johan Verwey Slagter

“Ons is ’n lekker spul mense hier – almal kyk mooi na mekaar; die plekkie is maar klein. As ’n sakeman beteken dit egter jy het ’n beperkte aantal kliënte. Al staan hulle tou vir my boerewors!”

Wilma Melville en Jeanita Bezuidenho­ut Boervroue en blommerang­skikkers

“Hier gaan dit darem nie nét oor boerdery nie – ek doen blommerang­skikkings vir funksies en troues, terwyl my dogter (Jeanita) die admin en finansies behartig. Die enigste sitrus op my werf is die suurlemoen­boom.”

Amanda Johnson Biblioteka­ris

“Ek is ’n ou platteland­er van Cradock af, maar die stilte, rustigheid en atmosfeer hier is regtig besonders.”

Charlie Malan Boer

“Wat ek die meeste geniet, is die mooi van die vallei. En die vrugbare grond. Hier was in ’n stadium ’n witjas wat gemeen het ’n mens kan enigiets hier verbou behalwe lietsjies. Maar ’n mens weet nooit nie; dit was ook al ’n paar jaar terug...”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa