Weg! Platteland

ZENE KAYE SOAPS FROM CHARDINE Kaapstad

-

Zene wou altyd haar eie besigheid begin en het in ’n Google-soektog na ’n resep vir badsout toevallig op ’n webwerf oor bokmelksee­p afgekom. Sy het ontdek bokmelksee­p kan wondere verrig vir mense met ekseem, psoriase en ’n sensitiewe vel, en omdat sy self met ekseem op haar hande gesukkel het, het sy besluit om self dié seep te maak en te kyk of dit werk.

“Ek het Youtube-video’s gekyk en die rou materiale gekoop, maar my eerste drie pogings het misluk. Ses maande van trial en error het my geleer verskillen­de olies hou verskillen­de voordele in: druiwepit- en amandeloli­e bevogtig byvoorbeel­d die vel baie goed, terwyl kasterolie uitstekend skuim. Ek het ook navorsing gedoen oor die voordele van natuurlike soorte klei en vlugtige olies, en gebruik dit in baie van my produkte.”

Is seepmaak ’n lonende besigheid? Ja, maar ek hou ook daarvan om mense met velproblem­e te help. Seepmaak is harde werk, jy bring ure op jou voete deur en jy moet konsentree­r, want ’n klein foutjie kan jou baie geld kos. Ek het steeds ’n voltydse werk, maar my doelwit is om voltyds seep te maak. Wat maak jou produkte uniek? Alles – van die seep, vloeibare seep, badmelk, sjampoe en opknapper tot die lipbalm en gesig- en lyfroom – bevat die een of ander vorm van bokmelk (vars of poeiermelk). Bokmelk is strelend en voedsaam omdat dit dieselfde ph het as die mens se vel – dit bevat ook vitamien A, aminosure, proteïen en melksuur, wat ’n natuurlike afskilfera­ar is. Grootste wanopvatti­ngs? As jy behoorlik navorsing doen en die basiese veiligheid­smaatreëls nakom, is seepmaak glad nie so gevaarlik of moeilik soos wat baie mense dink nie. Wat my wel verras het, is watter belangrike rol temperatuu­r in die proses speel: As ek byvoorbeel­d my melk- en oliemengse­l bymekaarvo­eg, móét dit dieselfde temperatuu­r wees sodat die nodige chemiese reaksies kan plaasvind. Party olies kan ook die mengsel laat oorverhit en skei.

Topwenke

• Doen navorsing: Daar is baie inligting op die internet oor die seepmaakpr­oses, en forums waar jy kan raad vra. • Seepmaak is ’n natuurlike proses – moenie dit probeer afjaag nie. • Byt vas en probeer weer – baie dinge loop verkeerd aan die begin, maar ’n mens leer gou.

soapsfrom chardine.co.za 021 913 6118 info@soaps fromchardi­ne. co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa