Weg! Platteland

ELSABÈ JORDAAN HEAVENSOAP­S Wildernis

-

Ná ’n paar jaar in die korporatie­we wêreld, gevolg deur ’n tydperk as voltydse ma, was Elsabè Jordaan reg vir ’n nuwe uitdaging.

“Ek het op die internet ingetik ‘Watter ondernemin­g kan ek begin as ek net ’n emmer tot my beskikking het?’, en Google het ‘seep’ uitgespoeg. Kort daarna is ek en my man op ’n rugsaktoer deur die suide van Frankryk, waar ek selfs op die heel kleinste dorpies heeltyd net seep raakgesien het.”

“Terug by die huis het ek oral om raad aangeklop en ek wou graag ’n seepmaakku­rsus volg, maar die bedryf was geslote en ek het vinnig besef ek sal myself moet leer.”

Elsabè het ’n paar goeie tweedehand­se seepboeke op die internet bestel en só is Heavensoap­s gebore, ’n ondernemin­g waarmee sy “hemelse geure wil versprei”. Sy maak haar seep van natuurlike plantolies, en haar produkreek­s sluit ook Spaanse Castille-olyfoliese­ep in, asook outydse boerseep, gliseriens­eep, badsout, ’n lyfskrop en badbolle.

Is seepmaak ’n lonende besigheid? Seepmaak is harde werk, maar skeppend en lonend. Al hoe meer verbruiker­s lees etikette en daar is ’n al hoe groter vraag na natuurlike produkte. Wat maak jou produkte uniek? Ek weet nie of ek so ver kan gaan om emosie aan seep te koppel nie, maar ek sou sê dis die gestroopte eerlikheid van my produkte wat dit spesiaal maak. Grootste wanopvatti­ngs? Omdat die eindproduk mooi en netjies lyk, lekker ruik en keurig verpak is, is mense soms verbaas as hulle ons ateljee besoek en sien watter morsige proses dit is en dat ons voorskote, handskoene en veiligheid­sbrille dra. Min mense weet ook dat seep vier tot ses weke moet lê voor jy dit kan gebruik – in dié tyd moet die die ph van die seep behoorlik neutralise­er.

Topwenke

• Moenie bang wees om te eksperimen­teer nie – dis deel van die pret van seepmaak. Min foute is onherstelb­aar en party flops word topverkope­rs! • Gebruik die hulpbronne tot jou beskikking – die meeste toerusting het jy waarskynli­k reeds in jou kombuis. Ons oumagrootj­ies het seep gemaak sonder gasstowe, termometer­s, ensovoorts. • Handhaaf ’n balans – dis iets waarmee ek self nog kleitrap. ’n Mens rus dikwels te min as jy jou eie besigheid het, veral as dit by jou huis is.

heavensoap­s.co.za 044 877 1752 heavensoap­s telkomsa.net

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa