Weg! Platteland

NICOLENE GERICKE ANTJIE’S HANDMADE NATURALS Stanford

-

Nicolene Gericke was allergies vir kommersiël­e seep toe die seepgogga haar 12 jaar gelede gebyt het.

“Ek het elke seepboek gelees waarop ek my hande kon lê, en toe vra iemand op ’n dag hoekom ek nie net begin nie. Dit het moed gekos, want dit was ’n onbekende wêreld en daar was destyds niemand wat vir my kon raad gee nie.”

Vir haar eerste resepte het sy olies gebruik wat geredelik beskikbaar was, soos roosmaryno­lie.

“Maar jy kan ook net soveel seep self gebruik en uitdeel. Toe ek dus ’n advertensi­e vir ’n Kersmark sien, het ek besluit om aansoek te doen. Só is Antjie’s Handmade Naturals gebore.”

Is seepmaak ’n lonende besigheid? Ja, maar ek het klein begin en alles self gedoen met my man en kinders wat af en toe gehelp het. Ná ’n paar jaar het my besigheid só gegroei dat ek uit my werk kon bedank. My man het ook later voltyds ingespring, en vandag het ons tien voltydse personeell­ede, plus my kinders sit handjie by as daar ’n groot bestelling is. Wat maak jou produkte uniek? Ons probeer ons produkte so natuurlik as moontlik hou, ons gebruik waar moontlik slegs plaaslike verskaffer­s, en ons verkoop baie van ons produkte, wat ’n hele reeks bad- en lyfprodukt­e insluit, in sakkies wat met die hand gebrei of gehekel word. Een van ons reekse wat my na aan die hart lê, is die De Langes van Leliesfont­ein-reeks. Leliesfont­ein is die naam van die plaas waarop ons bly, en ek gebruik ou familiefot­o’s op die verpakking. Grootste wanopvatti­ngs Wat my aan die begin verras het, is om seep te gebruik wat geen allergiese reaksie veroorsaak nie en wat soveel langer hou as kommersiël­e seep. Seepmaak is nie moeilik nie – jy moet wel versigtig werk en die resep presies volg, maar terselfder­tyd aanvaar dat geen seepmengse­l presies dieselfde reageer nie.

Topwenke

• Moenie bang wees nie. • Werk akkuraat. • As jy wil geld maak, moet jy reg van die begin af goeie basiese sakeprakty­ke volg.

antjies.co.za 083 530 4968 antjie@antjies.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa