Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

In die Suidkus is daar hope slaap- en eetplekke en doendinge. Ons het by die volgende ’n draai gemaak.

-

PORT EDWARD

• Aloe INN-B&B Ian en Esmaré Gethen is gesellige mense – die slagspreuk hier is nie verniet “Arrive as a guest – leave as a friend” nie. 039 311 3460 aloeinn@telkomsa. net aloeinn.co.za • Beaver Creek-koffieland­goed Eet, drink, doen ’n koffietoer. 039 311 2315

redberry@yebo.co.za beavercree­k.co.za • Baobab Galerie Handgemaak­te items uit Madagaskar. 079 581 0116

baobabgale­rie@yahoo.com • Vanilla Café Kom kry ’n lekker ontbyt.

079 466 6115 vanillacaf­e.co.za • The Pont Kampeer hier in ’n tent of woonwa en wys jou slag op die water.

039 311 2211 oldpont.co.za • The Farm Stall Op die Izingolwen­ipad kry jy ’n groot uitsnypop wat wys jy moet inkom. Eiers, groente, vrugte, gemmerbier, piekels, konfyt, macadamiad­op-kompos, skoonmaakp­rodukte, tweedehand­se ware. En ou Vhs-video’s. (R10 vir die kleinkind wat kan raai wat dít is. – Reds.) 083 468 1777 glendelene@gmail.com facebook/the Farm Stall

SOUTHBROOM

• Outlook Trading Post Koop padstal-dinge, gaan op ’n piesangtoe­r. Reg langsaan kan jy by The Outpost Farmhouse Kitchen iets eet.

039 316 8602 manager@outlook tradingpos­t.co.za outlooktra­dingpost.co.za • Trattoria La Terrazza Italiaanse kos en meer. Die locals vertel dit tel elke jaar onder die provinsie se toprestaur­ante. 039 316 6162

trattoria.co.za • Riptide Dis die kus dié… seekoswêre­ld. Kom geniet die uitsig. 039 316 6151 • Golf House Sit op die stoep en kyk of jy walvisse sien. En jy’s reg bo die 15de putjie van die Southbroom-gholfbaan.

info@golfhouse.co.za

RAMSGATE

039 316 6982 golfhouse.co.za • Butterfly Valley Doen ’n toer en leer meer oor dié lieflike insekte: Jy kyk ’n video en word dan in die vliegkoepe­l by die vlinders losgelaat. 073 422 5357

butterflyv­alley@ymail.com • The Craft Shop Kry mooi handgemaak­te items uit die streek. Hoe klink ’n koedoekop uit hout gekerf? R900 en hy’s joune.

039 314 4011 • The Lobster Pot Selfs op Southbroom hoor jy dié plek se seekos is legendarie­s. Maar jy kan ook steak, ribbetjies en eg Natalse kerries bestel. 039 314 9809 • The Burlesque Café Die lewe hierbinne voel soos ’n kabaret. Eet ’n ligte middagete terwyl jy jou aan die vintage-dekor verkyk.

039 314 9886 theburlesq­uecafe.com

MUNSTER

• Raindance Orchids Volg die bordjies op die ou nasionale pad na ’n eksotiese wonderwêre­ld van vorm en kleur. 039 240 7565

ORIBI-RAVYN

Duik (en swaai dan) die dieptes in as jy senuwees van staal het, of stap oor die hangbrug as jou nerwe maar aan die dun kant is. Bangbroeke moet albei opsies vermy.

oribigorge.co.za

Vir nog hope inligting gaan kyk op die webwerf southcoast­happenings.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa