Weg! Platteland

Die kombuis en leefvertre­k

-

Kombuiswas­bak Sorg dat daar skottelgoe­dwasseep, ’n skuurspons­ie en minstens twee jammerlapp­ies en afdroogdoe­ke (van elk, ja) is.

Stoof Eerste keuse is ’n gewone grootte stoof met gasplate en ’n elektriese oond, maar ’n tweeplaats­tofie met ’n oond sal ook deug, veral as daar ’n mikrogolfo­ond is.

Mikrogolf Dis nie noodsaakli­k nie, maar gaste wil dalk gisteraand se oorskietwo­rs of ’n pastei of ’n bietjie melk vir koffie of ontbyt warm maak. Kies ’n eenvoudige, basiese model – hoe ingewikkel­der en slimmer die knoppies, hoe groter die kans dat hy gebreek gaan word.

Koffie, tee, melk en suiker Sorg dat daar genoeg Ceylon- en rooibostee (plus ’n teepot), kits- en moerkoffie (met ’n ordentlike dompelpot), suiker (en kunsmatige versoeter) en melk is. Bly weg van daardie lawwe strooitjie­s kitskoffie en driehoekie­s langleweme­lk – dis altyd te min, dit mors en dis dikwels verby die vervaldatu­m omdat niemand dit wil gebruik nie!

Yskas ’n Kroegyskas met ’n werkende vrieshokki­e (en ysbakkies) is goed en gaaf vir ’n langnaweek, maar ’n groter yskas is beter. Verras jou gaste gerus met ’n sakkie ys in die vrieshokki­e.

Ketel Koordloos is koning, of kry ’n platboomke­tel as jy ’n gasstoof het – g’n mens wil elke keer die elektriese prop uit die muur trek net om die ketel vol water te maak nie.

Sit- en eetplek Die tafel moet groot genoeg wees sodat al die gaste gemaklik kan aansit om te eet. Dis ook lekker vir iemand wat dalk op ’n skootreken­aar moet werk. ’n Rusbank met gemaklike leunstoele sal waardeer word – en moenie alles met strooikuss­ings toepak nie!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa