MÓÉTGOED VIR DIE KOM­BUIS

Weg! Platteland - - Jou Eiendom -

• Breek­wa­re Groot- en klein­bor­de, bak­kies (vir pap/ jo­gurt/na­ge­reg), ge­noeg kof­fie­be­kers en tee­kop­pies, en wa­ter- en wyn­gla­se.

• Bak­ke Slaai­bak, een of t­wee (oond­vas­te) op­skep­bak­ke, min­stens een meng­bak en ’n staal- of a­lu­mi­ni­um­bak vir braai­vleis.

• Eet­ge­rei Mes­se, vur­ke, groot en tee­le­pels, op­skep­le­pels.

• Mes­se Brood­mes, min­stens t­wee skerp mes­se vir s­kil en kap (slyp hul­le ge­reeld!).

• Koo­kwa­re Min­stens t­wee ka­strol­le en ’n pan.

• Ge­reed­skap Ras­per, aar­tap­pel­skil­ler, ver­giet­tes, bot­tel- en blik­oop­ma­ker, ei­er­spaan, kom­buis­skêr, sny­plank, draad­klit­ser en oond­hand­skoe­ne. En, be­lang­rik, ’n kurk­trek­ker.

• Brood­roos­ter Nie nood­saak­lik nie, maar jou gas­te sal dank­baar wees.

• Skoon­maak Be­sem, dweil, ( ja, ’n mop!) bor­sel-en-skop­pie en ’n em­mer met al­ge­me­ne skoon­maak­mid­del.

• Braai­roos­ter en braai­tang. • Stryk­ys­ter en stryk­plank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.