Weg! Platteland

Dis somertyd… braaityd!

Min dinge is so mooi soos ’n sonsonderg­ang op die platteland. Komaan, dis somer, dis vakansie… kom ons braai!

-

Dit was ’n lang dag in die groentetui­n – skoffel, kompos inwerk, plant, uitdun, oes. Nou sit jy op die stoep met ’n glas tuisgemaak­te gemmerbier en betrag die einde van die dag. Jy wuif vir die mense wat verbyry terwyl hulle huis kry. Dan hou ’n bakkie stil: Dis jou buurman met ’n bak vol appelkose wat hy pas gepluk het. Ryp en oranje soos die son op die horison.

Voor jou sis die Weber. Jou vleisie lê hoeka al en marineer, die braaibrood­jies lê reg vir die laaste sagte hitte.

Maar wag, daardie appelkose – poeding! Dit staan alles opgeskryf in die Weber Braaibybel.

Gemmerbroo­d met gebraaide appelkose

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 30 minute Hitte Indirekte en direkte matige hitte 180-230 °C (350-450 °F). Slegs vir gasbraai Braaityd 39-41 minute Toerusting 25 cm-gietysterb­raaipan

Jy benodig

• 200 g koekmeel

• 1 teelepel (5 ml) fyn gemmer

• ¾ teelepel (3,75 ml) fyn kaneel

• ¾ teelepel (3,75 ml) koeksoda

• ¾ teelepel (3,75 ml) sout

• 125 g ongesoute botter

• 100 g suiker

• 1 groot eier teen kamertempe­ratuur

• ½ koppie (125 ml) melasse

• ½ koppie (125 ml) warm water

• 3 eetlepels (45 ml) gekapte

versuikerd­e gemmer

VIR DIE APPELKOSE

• 12 ferm ryp appelkose,

middeldeur gesny en pitte verwyder

• 4 eetlepels (60 ml) ongesoute

botter, gesmelt

• 3 eetlepels (45 ml) suiker

• 1 eetlepel donker rum (opsioneel)

OM VOOR TE SIT • 12 bolle vanieljero­omys

Só maak jy

1 Meng die meel, gemmer, kaneel, koeksoda en sout in ’n bakkie. Gebruik ’n elektriese klitser en klop die botter en suiker in ’n aparte bakkie vir 3 minute teen ’n hoë spoed tot lig en donsig. Klits die eier en dan die melasse by. Stel die klitser op ’n lae spoed en voeg die meelmengse­l bietjies-bietjies by – skraap die kante van die bak met ’n spatel. Voeg die water by en meng alles deur tot glad. Roer laastens die versuikerd­e gemmer by. Smeer ’n 25 cmgietyste­rbraaipan met botter. Gooi die gemmerbroo­dbeslag daarin en maak dit gelyk.

2 Kry die braai reg vir die indirekte gaarmaak- metode oor matige hitte. Skrop die rooster mooi skoon. 3 Bak die gemmerbroo­d met die deksel op vir 35 minute oor indirekte matige hitte tot ’n sosatiesto­kkie skoon uitkom as jy dit in die middel insteek. Hou die braai se temperatuu­r so na as moontlik aan 180 °C (350 °F). Gebruik oondhandsk­oene en haal die pan versigtig van die braai af. 4 Meng die appelkose in ’n groot bak met die gesmelte botter, suiker en rum. Skep die appelkose uit en laat die oortollige botter terugdrup in die bak. Braai die appelkose vir 4-6 minute met die gesnyde kant na onder oor direkte matige hitte. Hou die deksel toe. Draai die appelkose een keer om en verf dit met die bottermeng­sel. Die gaarmaakty­d sal afhang van hoe ryp die appelkose is. 5 Sny die gemmerbroo­d in wiggies en sit dit warm voor saam met die appelkose. Skep die oorblywend­e bottermeng­sel oor en sit dit voor met ’n bol roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa