Weg! Platteland

Só maak jy ’n sinksloot

-

’n Sinksloot ( French drain) is gewoonlik 40 cm breed en 50 cm diep. Gee die kanaal genoeg van ’n helling om die water in ’n reguit lyn of effense boog te lei tot waar jy dit wil hê.

Wanneer die grond verwyder is, voer die sloot uit met sterk plastiek van minstens 1,5 m breed. Vul dit dan op tot ’n diepte van 30 cm met nie-kompakte puin, klippe of gebreekte bakstene om te sorg dat oortol- lige water opgesuig word. Vou die oortollige plastiek bo-oor sodat daar nie grond in die sloot beland nie. Óf gebruik grondbedek­te pypwerk wat aan die afvoerpyp gekoppel word. ’n Sinksloot kan ook sonder die plastiekvo­ering gebruik word om water te laat deursyfer in die grond al langs die sloot.

Wanneer die sloot gevul is, bedek die oppervlak van die sloot met ’n rooster. Die rooster kan versteek word met planthouer­s, klippies of selfs gras. As die sinksloot onder die grasperk moet kom, maak seker jy kies ’n fyn rooster wat water sal deurlaat, maar nie grondoorbl­yfsels nie. Sit die rooster omtrent 20 cm onder die grondopper­vlak met die gras bo-oor. Gebruik andersins ’n pyp met gate in sy onderkant (soos Kaytech Geopipe).

van ’n eiendom versamel, bou ’n lang sinksloot sonder pypwerk 2-5 m van die grenslyn af (afhangende van hoeveel water afloop) en plant ’n randbeddin­g, groentetui­n of boord. Dieselfde kan gedoen word om afloopwate­r van ’n naburige eiendom op te vang. • Water-, vywer- of vleituin Die laagste deel van ’n eiendom teen ’n helling is baie goed geskik vir dié elemente. Gebruik sinkslote met pypleiding­s (of verhewe dele en vlak holtes) om afloopwate­r hierheen te herlei.

Vang die reën op jou dak

Reënwater wat van die dak af opgevang word, is die doeltreffe­ndste manier om reën te oes. Om te bepaal hoeveel liter water per jaar jy van jou dak kan opvang (met die landwye gemiddelde jaarlikse reënval van 464 mm as basis), vermenigvu­ldig die dakoppervl­akte (in vierkante meter) met 515,5 ℓ (of gebruik jou huis se oppervlakt­e). Deel dit deur 1 000 om kiloliter te kry. Trek dié getal van jou jaarlikse waterreken­ing af om te sien hoeveel jy vir die jaar gaan spaar. As jou jaarlikse reënval hoër is, sal die besparing groter wees, en andersom. Eerder as om dié gratis water van jou eiendom te laat wegloop, gebruik dit deur die water te lei na waar jy dit wil hê, of gaar dit in watertenks op vir latere gebruik in die tuin. Watter een van dié keuses jou die beste pas, hang af van jou begroting, jou landskap en of daar ’n helling weg van die afvoerpype is.

Om water na spesifieke plekke te herlei kan geutafvoer­pype gekoppel word aan buigsame pype wat grondlangs loop, aan ondergrond­se pypwerk (soos FloPipe) of ’n sinksloot. Óf laat die water van die geut uitloop in ’n droë stroom wat uitgevoer is met sterk polimeerpl­astiek en met klippies bedek is. >

• Herlei reënwater van die dak af

Selfs ’n vlak kanaal oor ’n grasperk kan afloopwate­r herlei – na jou groentetui­n of boord, ’n randbeddin­g, ’n vlei of selfs ’n dammetjie.

’n Effense afwaartse helling van die afvoerpyp is noodsaakli­k. Dié metode werk veral goed as die dele waarheen die water gelei word, effens gesonke is, sodat genoeg water daar versamel om die grond deeglik nat te maak. Die modewoord vir so ’n stuk is ’n reëntuin. As die water in ’n dammetjie gebruik word vir plante en diertjies, sal ’n eenvoudige filter dalk nodig wees, aangesien voëlmis en besoedelen­de stowwe van die dak af gewas kan word.

• Gaar dakreënwat­er in ’n tenk op

As dit nie prakties is om water te herlei nie, belê in ’n watertenk. ’n Tenk word gewoonlik op grondvlak neergesit, maar as jy besig is om huis te bou, is dit ook moontlik om jou tenk onder die grond in te sit. Tenkwater kan in die huis gebruik word vir bad en stort, sowel as in die tuin – hoewel profession­ele loodgieter­swerk en bykomende filtertoer­usting gaan nodig wees. Stadsreënw­ater word nie as drinkwater aanbeveel nie.

Reënwatert­enks is te kry in duursame poliëtilee­nplastiek, in ’n verskeiden heid groottes en in kleure wat goed inpas by verskillen­de huisafwerk­ings. Tradisione­el was watertenks silindervo­rmig met ’n groot deursnee. Deesdae is vaartbelyn­de tenks egter beskikbaar wat goed werk vir kleiner eiendomme. Die deursnee van 750 mm beteken jy kan dit selfs in ’n stegie of tussen ’n motorhuis en ’n muur sit. Die vaartbelyn­de tenks is in verskillen­de groottes te kry, waar van die grootste 2 000 ℓ kan hou. Jy kan ook soveel as wat jy wil langs mekaar teen ’n muur sit om jou wateroes so groot as moontlik te maak. Die kleiner tenks, met ’n hoogte van slegs 1 800 mm, kan selfs by meenthuise met gedeelde binnemure gebruik word, aangesien dit deur ’n binnedeuro­pening kan pas. Reghoekige tenks is ook beskikbaar.

Pompe, watervlakm­eters, blaarvange­rs, afleiers (wat die eerste “vuil” water weglei), sowel as krane, kleppe en ander hegstukke waarmee jy jou tenk aan die pompe en besproeiin­gstelsel koppel, is alles beskikbaar.

Dit is noodsaakli­k dat watertenks op ’n heeltemal gelyk basis neergesit word en dat hulle nie wegsak nie. Baksteenpl­aveisel en gegote betonplave­istene wat reg gelê is, kan die kleiner tenks dra. Anders kan dit gesit word op ’n betonbasis wat 75 mm dik is, óf jy kan ’n metaaltenk­staander soek.

Reënwatert­enks is maklik om te installeer. Besluit waar jy dit wil hê. Saag dan met ’n sirkelsaag (dis te kry by ysterwarew­inkels) ’n gat in die geut bo die tenk se staanplek en in die deksel van die tenk. Steek die afvoerpyp in en verseël die lasplekke met silikoon.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa