Weg! Platteland

Maak ’n spiraalhol­te

-

’n Spiraalhol­te is ’n goeie plan om sterk afloopreën­water op te vang. Dié een is ontwerp deur die permakultu­urkenner Jamie Shepherd vir ’n Hoëveldse tuin teen ’n steil helling waar afloopwate­r in die somermaand­e van ’n hoërliggen­de eiendom deur dreinering­sgate in die heining stroom.

’n Sloot is in ’n spiraalvor­m gespit omdat dit ’n boog water “sagter” laat loop en die moontlikhe­id van erosie verminder. A ’n Boog versterk ook die “randeffek”: die beginsel dat groeikrag toeneem waar twee omgewings ontmoet, byvoorbeel­d by die rand van ’n dammetjie.

Die sloot is vol takke gepak met kleiner organiese materiaal tussenin. B Nie-organiese materiaal kan ook gebruik word. Kompos en mis is bygevoeg en daarna grond. Die oortollige grond is gebruik om die dele tussen die “krulle” van die spiraal te lig. Stompe is op dié verhewe dele gebruik vir trapplek. Aan die begin van die somer is die saad van groot, middelslag- en klein groentesoo­rte kort ná mekaar geplant in sowel die verhewe dele as die vlak holtes, en ná elke uitstrooii­ng is die grond gehark. ’n Deklaag van takkies is bo-op die verhewe dele en vlak holtes gesit. Aanvanklik is dit nie natgelei nie. Slegs afloopreën­water is gebruik om ’n welige somerkostu­in te skep.

C

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa