Weg! Platteland

8 beginsels vir die opvang van water

-

Alle doeltreffe­nde wateroes-tegnieke – groot- en kleinskaal­s – volg dieselfde basiese beginsels. Met ’n bietjie tyd en moeite kan enige plek in ’n volhoubare oase verander word. 1

Begin deur die plek te bekyk Kyk waar die reënwater vloei, hoe dit vloei en wat reeds op jou grond werk. Dit gaan jou tyd en moeite spaar. 2

Begin bo Laat swaartekra­g jou help. Begin op die hoogste deel van jou eiendom sodat die afloopwate­r beheer word voordat die spoed en volume daarvan buite beheer raak. 3

Stadiger is beter Probeer die vloei van reënwater soveel as moontlik vertraag en versprei dit oor jou eiendom eerder as om toe te laat dat dit van jou grond af wegvloei. 4

Groen is goed Probeer oop grond met plante bedek. Plantworte­ls maak die grond los, en water sypel makliker daarin weg. 5

Hou dit eenvoudig Gebruik opvangtegn­ieke wat jy maklik kan installeer en wat nie baie werk gaan verg as dit beskadig word en herstel moet word nie. Met ’n klomp klein opvangtegn­ieke (eerder as een groot projek) gaan die water beter wegsypel. 6

Hoe meer, hoe beter Beplan ’n oorlooproe­te op plekke waar water oorvloedig vloei. Aflope moet opgevang word, eerder as om weggelei te word. Kies uit ’n reeks keerdamme en bakke, sinkslote, vore, terreinins­inkings en verhewe dele.

7 Gebruik veeldoelig­e tegnieke

Dit is die mees gevorderde beginsel, maar kan die grootste impak op ’n eiendom hê. Verander verhewe dele en keerdamme in looppaaie met bruggies. Kies plante wat

skaduwee gee en jou huis koel maak, óf wat jou beloon met kos.

8 Kyk die heeltyd jou eiendom goed deur

Dit is altyd belangrik om reënval en afloopwate­r op jou eiendom dop te hou, selfs nadat die aanvanklik­e opvangtegn­ieke toegepas is. Hou tred met wat die water doen en hoe jy kan verbeter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa