Weg! Platteland

Top 10-watertuinp­lante

Dié 10 inheemse staatmaker­s sal goed vaar in ’n watertuin wat genoeg son kry.

-

Wit aronskelk

Zantedesch­ia aethiopica ’n Outydse gunsteling in die tuin met blinkgroen pylvormige blare van tot 50 cm en sneeuwit blomme in die lente. Kan matige ryp tot -6 °C verdra. (Die spesie op die foto is Zantedesch­ia aethiopica “Green Goddess”.)

Papegaaigl­adiolus

Gladiolus dalenii Dié plant, wat tot 1 m hoog groei met oranje blomme in die somer, het volson nodig om behoorlik te blom. Verdra swaar ryp (-10 °C).

Rivierleli­e

Hesperanth­a coccinea of Schizostyl­is coccinea ’n Half-immergroen meerjarige wat tot 50 x 25 cm groei, met pragtige karmosynro­oi tot pienk of wit blomme in die somer en herfs. Verdra swaar ryp (-10 °C).

Oranjerivi­erlelie

Crinum bulbisperm­um ’n Groot bolplant van tot 1 m hoog, met gryserige geboë blare en groot pienk-en-wit gestreepte lelieagtig­e blomme in die vroeë somer. Dit het volson nodig en rus in die winter. Verdra swaar ryp (-10 °C). >

Meer as 50% van Suid-afrika se natuurlike vleie is vernietig deur ontwikkeli­ng.

5Rivierpam­poen

Gunnera perpensa Dié meerjarige sterk krui van 0,6 x 1 m het blougroen sambreelvo­rmige blare en verdra swaar ryp (-10 °C).

8

Papirus

Cyperus Die bekendstes is die 2 m hoë Cyperus papyrus en die dwergweerg­awe op die foto, Cyperus papyrus “Nana”. Daar is ook ander kleiner spesies, soos die 1,5 m hoë Cyperus textilis, 1 m hoë Cyperus alternifol­ius en 1 m hoë Cyperus prolifer. Hulle verkies son tot halfskaduw­ee en kan ryp tot -5 °C verdra.

Biesies

Juncus

Die gewone biesie ( Juncus effusus) vorm ’n aantreklik­e pol van tot 1 m hoog, het donkergroe­n stingels en verdra kwaai ryp. Die kurktrekke­rbiesie ( Juncus effusus “Spiralis”) het ongewone krullerige stingels.

Rivierster

Gomphostig­ma virgatum ’n Immergroen meerjarige struik wat tot 2,6 m hoog kan word, met fyn silwergrys blaartjies en klein wit blommetjie­s heeljaar deur. Verdra swaar ryp (-10 °C).

Rooiknol

Wachendorf­ia thyrsiflor­a ’n Immergroen plant met geplooide groen blare en treffende geel blomare in die lente en vroeë somer. Dit word tot 2 m hoog en kan matige ryp (tot -6 °C) verdra.

Kaapse riete

Twee wat ryp tot -8 °C verdra, is die Kaapse dekriet ( Elegia tectorum), wat 0,6-1,2 m hoog word, en Elegia tectorum ‘Fish Hoek’. Hulle het dieselfde spreiwydte, blaarvorm en bruin bloeiwyses, maar die ‘Fish Hoek’ is op 60 cm heelwat korter. Beskerm dit met ’n deklaag in die winter. Blombessie ( Elegia cuspidata) groei 0,5-1 m hoog, vorm digte polle regop, dun stingels, en verdra matige ryp. Calopsis ( Calopsis paniculata), wat 2 x 1 m word, het veeragtige, heldergroe­n blare en verdra ligte ryp.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa