Weg! Platteland

Is jou bloulelies flou?

-

Soek die son As bome of struike groot word en jou eens gelukkige agapante in die skaduwee dompel, kan jy dit verplant en met skaduliefh­ebbers soos boslelies vervang. Gee genoeg water Danksy dik, vlesige wortels kan agapante met min water klaarkom. Hulle sal jou egter met baie meer blomme beloon as jy hulle in warm weer een tot twee keer per week goed natmaak. Gee kos Dien vroeg in die lente gebalansee­rde bemesting toe om te help met blomvormin­g. Verdeel en verplant Verdeel en verplant agapante elke vyf jaar (aan die einde van die somer). Agapante wat onlangs verplant is, gaan dalk eers die volgende seisoen genoeg energie hê om weer te blom. Knip af As die blomme begin vaal raak, kan jy die blomkoppe afknip sodat hulle nie saad skiet nie.

‘My groen vingers het ek maar gekry oor die foute wat ek gemaak het toe ek probeer leer het hoe om dinge uit die plant se oogpunt te sien.’ – H. Fred Ale

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa