Weg! Platteland

’n Inheemse kuskwekery met ’n ‘ boombiblio­teek’

-

Die Witbos-kwekery is in Boesmansri­viermond in die OosKaap, halfpad tussen Port Elizabeth en Oos-londen. Rhalda en Rulan Heunis (foto regs) is die eienaars hier.

Dié kwekery lê binne die Albanie-kreupelhou­tbioomgebi­ed met ’n oorgangskl­imaat tussen die Suid-kaap en Natal. Die streek is baie spesieryk, met sowat 350 boomsoorte plus ’n verskeiden­heid aalwyne, struike en veldblomme.

Binne vyf jaar het die Heunisse meer as 200 inheemse bome in die arboretum by die kwekery geplant waar tuiniers bome wat in hulle tuin groei, kan identifise­er of kyk watter bome hulle graag wil plant.

Hier is Rhalda en Rulan se lys waterslim plante vir somertuine aan die kus. • Bome Kusvaalbos ( Brachylaen­a discolor); witysterho­ut ( Vepris lanceolata) en olienhout ( Olea europaea subsp. africana) • Struike Grootnoemn­oem ( Carissa macrocarpa); kransaalwy­n ( Aloe arborescen­s); kraanvoëlb­lom ( Strelitzia reginae) en wildegrana­at ( Burchellia bubalina) • Grondbedek­kers Rankbotter­blom ( Gazania rigens); duinebloub­lommetjie ( Felicia echinata) Helichrysu­m cymosum of Helichrysu­m teretifoli­um

witbos.co.za 072 135 8625 of 082 960 9248

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa