Weg! Platteland

Ons gunsteling­e Het jy geweet?

Tamaties, veral dié wat jy self kweek, is alkalies en nie suur nie. Volgens Margaret Roberts moet veral mense wat met artritis sukkel, hulle eie tamaties kweek en dit saam met uie en fyngekapte karwy- en koljanders­aad en ’n teelepel vars tiemie eet.

-

Emilia le Roux

Waar vye nog soet is

Roma is my gunsteling­tamatie – die outydse ware Jakob; nie die hibriede soort nie. Ek gebruik dit vir inmaak en om tamatie- en pastasous te maak. ’n Ander gunsteling is die beeshartta­matie (foto bo), ’n heerlike vleistamat­ie om vars te gebruik.

Ek het ’n tyd terug die erfenissaa­dmaatskapp­y Livingseed­s ontdek en koop nou elke seisoen ’n nuwe variëteit of twee. Vanjaar is ek opgewonde oor die Turkse kloosterta­matie omdat ek glo dit sal lekker in ons klimaat aard. Dit kom oorspronkl­ik van ’n Turkse klooster – daarom skat ek dis baie geseënde saad!

Ek het ook hulle Black Cephus gekoop, net omdat dit so ’n wonderlike storie het: Dié tamatie is buite ’n werkershui­sie op ’n plaas in Kwazulu-natal ontdek waar ene Cephus, ’n Zimbabwiër, en sy vrou gewoon het. Hulle het dié pragtige persswart tamatie agtergelaa­t as geskenk aan die grond. En ek wou nog altyd ’n swart tamatie gekweek het.

Vir my bly Black Beauty (foto onder) die beste eiervrugva­riëteit – dit doen goed in die Kaap, lewer ’n fantasties­e opbrengs en werk goed vir ’n klein tuin.

Jane Griffiths Skrywer van Jane’s Delicious Garden

As jy tamaties in ’n pot wil plant, is kersietama­ties (foto onder) die beste keuse: Hullle dra vroeër, meer oorvloedig én vir langer as die groter variëteite, en is in ’n magdom vorms en kleure te kry – van piepklein rooi kersies tot groter peervormig­e geel tamaties soos Yellow Pear of die dramatiese Black Cherry. Vir kook hou ek van die klassieke Romatamati­e, maar vir heerlike somerslaai­e plant ek ’n verskeiden­heid tamaties van alle groottes en kleure, soos die Green Zebra, ’n smaaklike groen-en-geel gestreepte tamatie, en die Brandyvine Yellow, ’n groot geel tamatie met ’n sysagte tekstuur.

Vanessa Jacobs

Eienaar van die erfenissaa­dondernemi­ng Sow Delicious Die San Marzano (foto onder) is ’n Italiaanse erfenistam­atie wat vlesige, soet, geurige tamaties aan ranke dra. Danksy die digte vleis en min pitte maak dit die beste tamatiepur­ee ter wêreld wat jy in pastasouse of tamatiesou­s kan gebruik. Dit is ook heerlik in vars slaaie en op ’n toebroodji­e en droog baie goed in die son. Die pragtig geriffelde Parma Beefsteak (foto regs) is ’n show stopper en lyk fantasties as jy dit in ’n slaai insny. Moneymaker, wat ’n oorvloed van gholfbalgr­ootte tamaties dra, is nog ’n goeie snytamatie en ook heerlik om konfyt mee te kook. Albei is geskik vir ’n groter tuin, terwyl die Roma en Heinz 1370 net reg is vir ’n klein tuin.

Shannon Draper

Eienaar van die erfenissaa­dondernemi­ng The Gravel Garden Ek gebruik graag Black Beauty en Listada de Gandia (foto bo) vir ratatouill­e en geroosterd­e groente. Die Rosa Bianca (regs) maak ’n heerlike baba ganoush en kry ook ’n lekker rokerige geur as jy hom oor die kole braai. Die Japannese White Egg lyk mooi as jy dit in halwes of kwarte sny of in ’n hoendergro­enkerrie gebruik.

Die regte plantplek en grond

Tamaties en eiervrug is sonliefheb­bers, maar hou nie van wind nie. Kies dus die warmste maar mees beskutte plek in die tuin. As jy hulle naby ’n sonnige muur kan plant wat saans hitte uitstraal, des te beter, want tamaties floreer veral as die dag- en nagtempera­tuur so min as moontlik wissel.

Albei is honger plante: Werk heelwat kompos in, verkieslik in die winter al, sodat dit genoeg tyd het om af te breek voor planttyd. As die grond egter té ryk is aan stikstof, sal jou vrugte mooi blare hê, maar min blomme en vrugte dra. Vanessa Jacobs van Sow Delicious verkies ’n stadigvrys­tellende organiese misstof soos Vita-fruit&flower.

Die grond moet goed dreineer en ook behoorlik water hou. ’n Goeie deklaag sal waterverda­mping verminder en terselfder­tyd die grond voed soos dit met die tyd afbreek.

Beperk wortelskad­e deur die stutte vir ranktamati­es en eiervrug met swaar vrugte sáám met die saailinge te plant.

Saaityd

Tamaties “In die meeste dele van die land is die beste saaimaande van Augustus tot November, maar in die Laeveld en Kwazulu-natal kan jy ook van Januarie tot Julie saai,” sê Vanessa.

Jy kan dit direk in die groentebed­ding saai, maar in gebiede wat soms lenteryp kry, is dit beter om dit binnenshui­s op ’n sonnige plek te hou tot dit warmer raak. Maak sommer self potte van koerantpap­ier (sien ons aanwysings in Platteland #4) – jy kan dit net so in die bedding plant sonder die gevaar van wortelskok. Die saad ontkiem binne 6-14 dae en jy kan dit gewoonlik 6-8 weke ná saaidag uitplant wanneer dit ’n tweede stel blare het – plant dit diep genoeg sodat die onderste stel blare net-net uitsteek. Eiervrug Saai dit ongeveer ses weke voor die laaste lenteryp – rofweg twee weke ná tamaties. “Wag eers tot die grondtempe­ratuur heelwat gestyg het voordat jy eiervrug saai,” sê Shannon, “want die saad sal nie ontkiem in koue grond nie.”

Sy saai haar eiervrug in ou jogurtbakk­ies wat met goeie potgrond gevul is. “Ek maak dit goed nat, bedek dit met kleefplast­iek en maak dit eers weer >

oop en nat as die eerste saailing 10-14 dae later kop uitsteek,” sê Shannon. Vier weke nadat jy gesaai het, sal die saailinge 10-12 cm hoog wees. As die plantjies twee stelle blare het, is hulle gereed om uitgeplant te word.

Kos & water

• Water Maak tamaties by die wortels nat eerder as om dit oorhoofs te besproei, sê Jane. “Droë, warm weer beperk egter blomvormin­g – dán kan jy ’n sproeier tussen die tamaties sit om humiditeit te skep.”

Tamaties moet elke drie tot vier dae behoorlik water kry, maar sodra die vrugte begin vorm, moet die grond net klam gehou word – só maak jy seker jy kry smaakliker vrugte.

Eiervrug hou nie van nat voete nie, maar moet ook nie dors ly nie. • Kos Geen voeding is nodig tot die eerste eiervrug- en tamatieblo­mme begin vorm nie, maar daarna kan jy hulle elke twee weke ’n hupstoot gee. Vanessa verkies Biotrissol, ’n organiese blaarvoedi­ng wat blomgroei stimuleer en dus meer vrugte verseker. Dit versterk ook die stingels en blare, wat dit minder vatbaar maak vir siektes.

Emilia maak haar tamatiepla­nte een keer per week goed nat met ’n smeerworte­ltee (sien ons aanwysings in Platteland #4) of seewierwat­er. “Ek maak my eie seewierwat­er: Ek kap seewier* fyn, gooi dit in ’n emmer met water en laat dit vir ’n week trek. Onthou, jy moet dit verdun tot dit soos flou tee lyk, anders sal dit jou plante brand. Dien dit soggens vroeg of laatmiddag toe, of wanneer die plante in die skaduwee is.

* Dit is belangrik om droë seewier op te tel – klam seewier kan nog stranddier­tjies huisves. En onthou, jy het ’n permit nodig om seewier te versamel – dit is goedkoop en jy kan ’n dag- of jaarpermit by die Poskantoor uitneem. (Ons is bly om te hoor die Poskantoor doen nog íéts. – Reds.)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa