Weg! Platteland

Tamatie-sugo

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Jy kan die sous net kook, maar as jy dit rooster, word die geur selfs verder gekonsentr­eer. Jy kan enige tamaties gebruik, maar hulle moet baie ryp en mooi rooi wees. Ek verkies tamaties wat nog aan die stingel is, want dit gee die sous verder geur – onthou net om die stingels uit te haal voordat jy dit fynpols. Een keer per jaar wanneer ryp tamaties volop is, verdubbel ek die resep ’n paar keer en bottel die kokende sous vir die spens – genoeg vir die hele winter.

Jy benodig

• 1 kg vars tamaties

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

• 1 ui, gekap

• 4 knoffelhui­sies, gekap

• 1 eetlepel (15 ml) tamatiepur­ee

• 1 eetlepel (15 ml) suiker

• kruie van jou keuse – soos 2 takkies tiemie

of ’n lourierbla­ar

• sout en gemaalde swartpeper na smaak

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 160 °C. Pak die tamaties in ’n oondbak en rooster dit vir 30 minute (as jy groot tamaties gebruik, sny hulle middeldeur, anders kan jy dit heel los). Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en soteer die ui en knoffel oor baie lae hitte tot sag en glansend (ongeveer 10 minute). Haal die tamaties uit die oond en voeg dit saam met enige pansappe by die uie in die pot. Gebruik ’n handpolser om dit sommer in die pot fyn te maak tot dit ’n dik sous vorm. Afhangende van hoe sappig die tamaties is, is dit dalk nodig om water by te voeg om die tekstuur reg te kry. Gooi nou die res van die bestanddel­e by die sous en prut dit vir 10 minute of totdat die tekstuur reg is. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa