Weg! Platteland

Bros eiervrug met tamatie-sugo

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute plus rustyd Gaarmaakty­d 30 minute

Dié ligter variasie van die klassieke melanzane parmigiana (parmesaan-eiervrug) is heerlik vir die somer. Vir ’n ryker weergawe verdubbel die resep en bak die gebraaide eiervrugsk­ywe in lae met gerasperde mozzarella­kaas en die tamatiesou­s, amper soos ’n lasagne.

Jy benodig

• growwesout

• 1-2 eiervrugte, in skywe van 1 cm

dik gesny

• ½ koppie (125 ml) meel

• 1 teelepel (5 ml) swartpeper

• 2 teelepels (10 ml) sout

• 2 eiers

• 2 koppies (500 ml) bros broodkrumm­els

• 4 eetlepels (60 ml) vars origanum, gekap

• ¾ koppie (180 ml) gerasperde

parmesaank­aas

• olyfolie

• 2 koppies (500 ml) tamatie-sugo

(sien resep hiernaas)

• 1 bol fior di latte (vars mozzarella)

• ’n handvol vars basilie

Só maak jy

Sprinkel 1 teelepel growwesout oor die eiervrugsk­ywe en laat dit vir 40 minute in ’n vergiettes dreineer. Moenie dié stap uitlos nie – dis belangrik vir ’n bros eindresult­aat. Druk dan die skywe baie goed droog met kombuispap­ier. Voorverhit die oond tot 210 °C en sit solank ’n groot bakplaat op die middelste oondrak om warm te raak. Gooi die meel, peper en 1 teelepel sout in ’n plastieksa­k en skud ’n paar van die eiervrugsk­ywe op ’n slag daarin rond. Klits die eiers in ’n plat bak en meng dan die broodkrumm­els, origanum en parmesaan met 1 teelepel sout in ’n ander plat bak. Doop die eiervrug eers in die eier, laat die oortollige eier afdrup, en druk dit dan in die krummelmen­gsel. Haal die warm bakplaat versigtig uit die oond en sprinkel ongeveer 3 eetlepels olyfolie daaroor. Pak die eiervrug vinnig in ’n enkellaag daarop en sit dit vir 15-20 minute in die oond. Draai die skywe om, sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor, en bak dit vir nog ongeveer 10 minute totdat die skywe goudbruin en bros is. Sit dadelik ’n bord vol bros eiervrugsk­ywe voor met skywe mozzarella, vars basilie en warm tamatie-sugo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa