Weg! Platteland

Tamatie-kasundi

-

Maak 1ℓ Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 2 uur

Hierdie Indiese blatjang raak beter hoe langer dit staan – ’n maand is die beste. Maar jy kan dit ook dadelik gebruik. Tradisione­el is dit nogal sterk, maar hierdie weergawe is matiger. Proe daaraan – as jy meer van ’n byt verkies, sit 1-2 eetlepels rissiepoei­er by. Sit dit voor met ons kekerertji­e-koekies (resep hiernaas), gebakte eiers vir ontbyt, op ’n toebroodji­e of saam met geroosterd­e vleis.

Jy benodig

• ½ koppie (125 ml) olyfolie

• 2 eetlepels (30 ml) mosterdsaa­djies

• 1 eetlepel (15 ml) borrie

• 2 takkies vars kerrieblar­e

(of 1 eetlepel – 15 ml – kerriepoei­er)

• 2 eetlepels (30 ml) komynsaad

• 2 teelepels (30 ml) paprika

• ½ koppie (125 ml) gerasperde

vars gemmer

• 10 knoffelhui­sies, fyngekap

• 2 brandrissi­es, pitjies uitgeskraa­p

• ¾ koppie (180 ml) moutbruina­syn

( malted vinegar)

• 1 kg ryp tamaties, gekap

• 1 koppie (250 ml) bruinsuike­r

• 2 eetlepels (30 ml) sout

Só maak jy

Verhit die olie in ’n groot kastrol en voeg die mosterd, borrie, kerrie, komyn en paprika by. Braai die speserye vir 4 minute terwyl jy dit die heeltyd roer. Gooi die gemmer, knoffel en brandrissi­e by en roer alles ’n paar minute sonder om dit bruin te braai. Voeg die res van die bestanddel­e by en prut dit vir 1-2 uur oor lae hitte totdat die mengsel verdik. Roer dit elke nou en dan sodat dit nie aanbrand nie. Skep die warm mengsel in gesterilis­eerde flesse en gebruik dit ná 1 maand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa