Weg! Platteland

Kekerertji­e-koekies

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Jy benodig

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

• 1 wortel, gerasper

• 1 ui, gerasper

• 4 knoffelhui­sies, fyngekap

• ’n knippie sout

• ¼ koppie (60 ml) vars pietersiel­ie,

fyngekap

• 400 g gaar kekerertji­es

• 2 eetlepels (30 ml) broodkrumm­els

• 1 eetlepel (15 ml) tahini

• 1 teelepel (5 ml) gerookte paprika

• sap van ½ suurlemoen

• 1 teelepel (5 ml) elk komyn, knoffelpoe­ier,

uiepoeier en vinkelsaad

Só maak jy

Verhit die olie en soteer die wortel, ui en knoffel vir 20 minute tot dit sag en gekaramell­iseer is. Geur dit met sout na smaak. Roer die pietersiel­ie deur en haal dit van die plaat af. Pols die kekerertji­es ’n paar keer in ’n voedselver­werker en druk dit dan verder met ’n vurk fyn. Dit moet fyn genoeg wees om koekies te vorm, maar nie heeltemal ’n puree wees nie – ’n korrelrige tekstuur is net reg. Roer die res van die bestanddel­e en die groente daardeur en meng dit met ’n lepel. Vorm patties en vlakbraai dit oor ’n matige hitte tot bros en gaar. Sit dit voor met die tamatie-kasundi (resep hiernaas) of ’n ander blatjang of rissiesous van jou keuse. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa