Weg! Platteland

Jy benodig

-

• ¾ koppie (180 ml) olyfolie

• 2 middelslag-eiervrugte,

in blokkies van 1 cm gesny

• 2 middelslag- groen soetrissie­s,

in blokkies van 1 cm gesny

• 1 ui, fyngekap

• 2 koppies (500 ml) vars tamatie,

in blokkies van 1 cm gesny

• ½ koppie (125 ml) goue sultanas

• sout en swartpeper na smaak

• 1-2 eetlepels (15-30 ml) heuning

• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

• ¼ koppie (60 ml) dennepitte

Só maak jy

Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die eiervrug tot dit mooi goudbruin is (ongeveer 10 minute). Skep dit met ’n gaatjiesle­pel uit in ’n bak, maar behou die pansappe. Voeg die res van die olie, soetrissie en uie by die pan en soteer dit tot sag. Voeg die gekapte tamatie by en roer dit vir 5 minute. Ek hou daarvan om die tamatie nog redelik “rou” te hou vir ’n varser geur, maar jy kan dit ook langer kook. Voeg nou die gebraaide eiervrug terug by die pan saam met die sultanas, en roer dit tot die mengsel deurwarm is. Geur dit na smaak met sout, peper, heuning, suurlemoen­skil en baie suurlemoen­sap. Sprinkel die dennepitte oor en sit dit warm of teen kamertempe­ratuur voor met pitabrood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa