Weg! Platteland

Tamatie-hummus

-

Maak 2 koppies Bereidings­tyd 10 minute

Gee hierdie klassieke resep ’n onweerstaa­nbare somerkinke­l.

Jy benodig

• 400 g gaar kekerertji­es

• 3 eetlepels (45 ml) tahini

• sap van 1 suurlemoen

• 1/3 koppie (80 ml) sondroogta­maties,

olie afgegooi en geklad

• 1 eetlepel (15 ml) van die

sondroogta­maties se olie

• ¼ koppie (60 ml) kookwater

Só maak jy

Sit die gekookte kekerertji­es saam met die tahini, suurlemoen­sap en sondroogta­maties in ’n voedselver­werker en pols dit tot alles goed gemeng is. Voeg die olie en water by en pols dit vinnig totdat jy die regte tekstuur het. ’n Lekker happie is om skyfies eiervrug te panbraai tot sag. Skep ’n eetlepel van die tamatie-hummus op elkeen, rol dit op en eet dit as ’n voorgereg of tapa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa