Weg! Platteland

Sondroogta­matieskons Maak 8 skons Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 20 minute

-

Hierdie ryk, geurige skons is ’n heerlike soutige happie as daar onverwags gaste voor jou deur staan. Jy kan ook ander gerasperde kaas van jou keuse gebruik – soos pecorino of beleë cheddar. Sorg net dat dit ’n sterkerige kaas is.

Jy benodig

• ½ koppie (125 ml) sondroogta­maties

• 1 teelepel (5 ml) elk gekapte vars

roosmaryn en origanum

• 1½ koppies (375 ml) fyngeraspe­rde

gruyèrekaa­s

• 280 ml karringmel­k

• 1 eetlepel (15 ml) dijonmoste­rd

• 3½ koppies (875 ml) koekmeel

• ½ teelepel (2,5 ml) sout

• 1 eetlepel (15 ml) paprika

• 1 teelepel (5 ml) koeksoda

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 220 °C. Pols die helfte van die sondroogta­matie tot ’n puree en kap die ander helfte baie fyn. Meng al die nat bestanddel­e saam en sif dan die droë bestanddel­e daaroor. Roer dit met ’n houtlepel tot net-net gemeng en werk dit dan verder met die hand tot ’n sagte deeg. ( Voeg 1-2 eetlepels melk by as die mengsel te styf is.) Keer die mengsel uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en druk dit platter totdat jy ’n sirkel met ’n deursnee van 22 cm het. Sny die deeg in 8 stukke of druk vorms uit. Pak die skons op ’n gesmeerde bakplaat en bak dit vir 10 minute. Verlaag dan die oond se temperatuu­r tot 180 °C sonder om die deur oop te maak, en bak dit vir nog 15 minute.

Pure platteland

Oonde verskil. Toets een van die skons – indien dit nog nie deurgaar is nie, bak dit vir nog 5-10 minute. Sit dit dadelik – nog vuurwarm – voor met botter, soet rissiekonf­yt en kaas.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa