Weg! Platteland

Perske-en-prosciutto­slaai in ’n gebakte slaaibak

-

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd 30 minute plus marineerty­d Baktyd 15 minute Jou gaste gaan mal wees oor hierdie eetbare slaaibak – en dis glad nie eens so moeilik om te maak nie!

Jy benodig

VIR DIE SLAAIBAK

• 110 g koekmeel

• 55 g rogmeel

• 2 eetlepels (30 ml) swart sesamsaad

• ’n hand vol parmesaan- of gruyèrekaa­s

• ½ teelepel (2,5 ml) sout

• ¼ koppie (60 ml) olyfolie

• yskoue water

VIR DIE BASILIE-VINAIGRETT­E

• 1 klein salot of ¼ rooiui

• ’n groot hand vol basiliebla­re

• ¼ koppie (60 ml) wit balsemiek-

of appelasyn

• 2 teelepels (10 ml) dijonmoste­rd

• ’n knippie sout

• ¾ koppie (180 ml) olyfolie

VIR DIE SLAAI

• 2-3 nektariens

• 1-2 koppe slaai, in blare gebreek –

gebruik verkieslik gewone blaar-,

veld- ( lamb lettuce) of botterslaa­i

• 5 skywe prosciutto

• ¼ koppie (60 ml) gerasperde parmesaan

• ½ koppie (125 ml) pimperneut­e

of pampoenpit­te, gerooster

Só maak jy

Maak die slaaibak Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer en voer ’n 20 cm-losboompan met bakpapier uit. Meng die meel, sesamsaad, parmesaan en sout en roer dan die olyfolie en ’n klein bietjie water by. Knie dit met die hand tot dit ’n deeg vorm wat nie aan jou hande vassit nie. Strooi meel oor ’n werkopperv­lak en rol die deeg met ’n koekroller uit. Voer die voorbereid­e koekpan daarmee uit. As dit breek, kan jy dit net met jou vinger saamdruk sodat daar nie gaatjies in is nie. Prik die bodem met ’n vurk, voer dit met bakpapier uit, gooi droë boontjies in en bak dit vir 10 minute blind. Verwyder die bakbone en bak dit dan vir nog 5 minute tot die deeg ligbruin is. (Lees ook die wenk hierbo.)

Maak die slaaisous Pols al die bestanddel­e daarvoor in ’n voedselver­werker saam. Maak die slaai Sny die nektariens middeldeur en maak ’n riffelpan rookwarm. Braai die perskes vinnig, skep dit uit en sny dit in wiggies. Pak die slaaiblare in die gebakte slaaibak, rangskik die perskes en prosciutto bo-op en sprinkel die parmesaank­rummels en neute bo-oor. Sit die slaai voor met die slaaisous in ’n aparte bekertjie.

WENK Wil jy ’n ronde slaaibak maak? Draai ’n ronde emalje- of metaalbak onderstebo, spuit die buitekant met kleefweren­de kossproei en drapeer die deeg bo-oor. Bak dit soos op die foto en haal dit dan baie versigtig af. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa