Weg! Platteland

Rokerige Mexikaanse slaai

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Die rokerige chipotle-slaaisous is wat hierdie slaaitjie so lekker maak. Chipotlesm­eer word van rissies gemaak en is by uitgesoekt­e supermarkt­e en deliwinkel­s beskikbaar. Jy kan dit ook vervang met ½ teelepel gerookte paprika en 2 eetlepels tamatiesou­s.

Jy benodig

• 1 heel mielie

• 1 blikkie (400 g) swart bone of lensies

• 2 ryp tamaties, gekap

• 2 sprietuie, gekap

• 1 wiel fetakaas

• ’n hand vol koljander- of

basiliebla­re, gekap

• 1-2 tortillas

• olie vir braai

VIR DIE SLAAISOUS

• 2 eetlepels (30 ml) chipotle-smeer

• gerasperde skil en sap van 2 lemmetjies

• 5 eetlepels (75 ml) olyfolie

• ½ teelepel (2,5 ml) komynsaad,

gerooster

• ’n knippie varsgemaal­de swartpeper

Só maak jy

Maak die slaaisous Meng al die bestanddel­e vir die slaaisous.

Smeer die mielie met van die slaaisous en braai dit in ’n vuurwarm riffelpan sodat party van die pitte swart skroei. Sny die pitte van die stronk af en meng dit met die bone, tamatie, sprietui, feta en kruie. Meng die helfte van die slaaisous deur en laat dit vir 1 uur eenkant “marineer”. Sny die tortilla in wiggies, verhit ’n paar lepels olie in ’n pan en braai die wiggies vinnig daarin bros. Sit die bros wiggies voor saam met die slaai en die orige slaaisous.

VARIASIE Stukkies gebraaide chorizowor­s sal ook lekker wees in hierdie slaai. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa