Weg! Platteland

Kraakbesku­itjies

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute plus rustyd Baktyd 15 minute

Van hierdie kraakbesku­itjies kan ek wragtie nie genoeg kry nie. Dit is ook heerlik saam met kaas en groenvye of heuning.

Jy benodig

• 150 g koekmeel

• 75 g parmesaank­aas, gerasper

• 1 teelepel (5 ml) sout

• 125 g sagte botter

• ¼ koppie (60 ml) vlas- of lynsaad

Só maak jy

Gooi al die bestanddel­e in ’n elektriese menger en laat die masjien loop tot alles net-net gemeng is – oppas vir te veel meng. Sit die deeg tussen twee stukke kleefplast­iek op ’n broodplank. Rol dit so tussen die kleefplast­iek uit totdat dit ½-1 cm dik is – maak seker dis oral ewe dik. Sit die bakplaat of plankie net so in die vrieskas en laat dit vir 30 minute rus.

Verhit intussen die oond tot 180 °C. Verwyder die boonste laag kleefplast­iek en keer die deeg versigtig om op ’n bakplaat wat met kleefweren­de kossproei gespuit is. Bak dit vir 10-15 minute tot liggies goudbruin. Laat dit eenkant staan om te rus en bros te raak. Breek dit in stukke en sit die beskuitjie­s dadelik voor of bêre dit vir hoogstens ’n week in ’n lugdigte houer (nie in die yskas nie). As jy blokkies of driehoeke verkies, sny die deeg voor jy dit bak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa