Weg! Platteland

Só maak jy

-

Posjeer die eiers in ’n kastrollet­jie en hou dit eenkant. (Jy kan dit ook heel kook tot dit gaar is na jou smaak – laat dit dan afkoel en dop dit af.) Braai die pancetta of spek tot al die vog verdamp en die vet uitgebraai het. Dit moet só bros wees dat jy dit kan krummel. Pak die avokadosky­fies en ertjies in ’n bak met ’n hopie slaaiblare bo-op. Krummel die spek oor die hopie, rangskik die eier bo-op en sprinkel laastens die parmesaans­kaafsels oor. Maak die slaaisous Gooi al die bestanddel­e in ’n fles en skud dit goed tot dit verdik. Proe en voeg nog asyn of heuning na smaak by. Sit dit saam met die slaai voor.

Platteland sê

Jy kan ook die ertjies met gaar lensies vervang. En as jy nie tyd het om die kraakbesku­itjies te maak nie, kan jy croutons bygooi net voor opdiening.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa