Weg! Platteland

Komkommers­laai met Viëtnamese gebraaide vark

-

Genoeg vir 4-6

Bereidings­tyd 20 minute plus

marineerty­d

Gaarmaakty­d

Die geur van komkommer is ’n lafenis in die somer, en in dié slaai kom dit behoorlik tot sy reg– mits jy natuurlik die heel varsste komkommer en koljanderb­lare gebruik. Die gebraaide vark is opsioneel – die slaai werk ewe goed daarsonder as ’n bykos saam met braaivleis. Die slaaisous met salot-olie lyk dalk soos baie werk, maar jy gaan baie oorhê wat jy later kan gebruik om ander geregte te geur.

Jy benodig

VIR DIE SALOT-OLIE

• 1 koppie (250 ml) avokado-olie

• 1 koppie (250 ml of 100 g) salotte

of rooiui, in dun ringe gesny

VIR DIE SALOT-SLAAISOUS

• 4 eetlepels (60 ml) salot-olie

(sien die metode hieronder)

• 1 teelepel (5 ml) sojasous

• 1 teelepel (5 ml) heuning of suiker

• 3 eetlepels (45 ml) geroosterd­e

sesamsaad

VIR DIE VARK

• ¼ koppie (60 ml) vissous

(of gebruik sojasous)

• ½ koppie (125 ml) salot-olie

(of gebruik sonneblomo­lie)

• 2 eetlepels (30 ml) bruinsuike­r

• 4 sprietuie

• 2 knoffelhui­sies

• ’n hand vol koljanderb­lare

• 1 brandrissi­e, pitjies uitgeskraa­p

(of 2 eetlepels – 30 ml – rissiesous)

• 400-600 g varkfilet

VIR DIE SLAAI

• 100 g aspersies

• ’n groot bossie vars koljander

• 2 komkommers

• ½ koppie (125 ml) geroosterd­e

grondboont­jies

• 2-4 eetlepels (30-60 ml)

gebraaide salotte

Só maak jy

10 minute

Maak die salot-olie Verhit die olie in ’n kastrol en karamellis­eer die salotte vir 15-20 minute daarin tot dit goudbruin en bros is. Dit moenie brand nie en stadig bros word. Skep die salotte op kombuispap­ier uit om te dreineer ( jy gaan dit later gebruik). Skep die olie in ’n fles. Maak die slaaisous Meng al die bestanddel­e en hou dit eenkant. Maak die vark Pols al die bestanddel­e (behalwe die vark) in ’n voedselver­werker, gooi dit saam met die varkfilet in ’n plastieksa­k en sit dit in die yskas om oornag te marineer. (As jy min tyd het, sal ’n uur of twee ook deug.) Sorg dat die vark kamertempe­ratuur bereik voordat jy dit gaarmaak. Maak ’n swaar ysterpan rookwarm en braai die vark vir 2-3 minute aan elke kant tot dit reg rondom gekaramell­iseer het en gaar is. Skep dit uit en sit foelie oor sodat dit vir minstens 10 minute kan rus. Sny dit dan in stukkies. Maak die slaai Gebruik ’n aartappels­killer om die aspersies in dun repe te sny. Week die koljanderb­lare vir 10 minute in yswater, druk dit droog en kap dit dan fyn. Sny die komkommer in blokkies – jy kan die skil verwyder as dit jou pla. Gooi die aspersie, koljander en komkommer in ’n bak. Sprinkel die grondboont­jies en gebraaide salotte bo-oor. Sprinkel dan laastens die slaaisous en stukkies varkfilet bo-oor net voordat jy dit voorsit. >

Maak 2 pizzas Bereidings­tyd 30 minute plus rystyd Gaarmaakty­d 30 minute

Hoe klink slaai op ’n pienk pizzabasis as voorgereg? En as pienk nie jou kleur is nie, kan jy dit met enige ander geroosterd­e groente vervang – wortels werk goed.

Jy benodig

• 6-8 klein bete

• 4 murgpampoe­ntjies

• olyfolie

• 2-3 eetlepels (30-45 ml) balsemiek

slaaisous (sien hieronder)

• 1 pak (40 g) roketblare

• 1 pak (40 g) bronkors

• 100 g bokmelkkaa­s ( chevin)

VIR DIE BALSEMIEK-SLAAISOUS

• 1 koppie (250 ml) goeie balsemieka­syn

• ¼ koppie (60 ml) fynbosheun­ing

• 4 takkies vars suurlemoen­tiemie

• 2 draaie gemaalde swartpeper

VIR DIE PIZZA

• ¾ koppie (180 ml) gaar beetpulp

(lees die metode hieronder)

• 2 teelepels (10 ml) kitsgis

• 500 g koekmeel

• 1 teelepel (5 ml) sout

• 2 teelepels (10 ml) heuning

• 1 koppie (250 ml) louwarm water

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 210 °C. Kook die beet met die skil tot dit gaar is en vryf dan die skille af. Maak die slaaisous Gooi al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie, verhit dit tot kookpunt en laat dit dan vir 10-15 minute prut tot dit so dik soos heuning is. Haal dit van die plaat af en laat dit eenkant afkoel.

Pak die gaar beet in ’n oondbak met ’n skeut olyfolie en ’n lepel of twee van die balsemiek-slaaisous. Rooster dit tot dit sag en geurig is en hou dit eenkant. Maak die pizza Versap 3-4 van die gaar bete tot jy ¾ koppie (180 ml) pulp het. Gebruik ’n elektriese menger om die pulp met die res van die bestanddel­e te meng en dit dan te knie tot die deeg sag en elasties is. Bedek dit met plastiek en laat dit eenkant rys tot dit in volume verdubbel het (of oornag in die yskas). Knie dit af en vorm twee bolle. Laat die bolle weer vir omtrent 30 minute eenkant rys. Rol elkeen dan uit in ’n pizza en bak dit in die warm oond tot dit gaar is.

Sny die orige beet in kwarte terwyl die pizza bak. Sny die murgpampoe­ntjies in repe en rooster dit in ’n riffelpan. Haal die pizzabasis­se uit die oond wanneer dit gaar is, sprinkel olyfolie en balsemiek-slaaisous daaroor en pak die kaas, geroosterd­e groente en slaaiblare bo-op. Sit dit dadelik voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa