Weg! Platteland

Pêrelgort-en-edamamesla­ai met varkwors

-

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Wanneer boerbone of ertjies in seisoen is, kan jy dit in die plek van die edamamebon­e gebruik. Die slaai is op sy lekkerste as jy dit teen kamertempe­ratuur voorsit net nadat jy dit gemaak het.

Jy benodig

• 250 g rou pêrelgort ( pearl barley)

• 2 koppies (500 ml) groenteaft­reksel

• 200 g goeie varkwors ( Toulouse of

rou chorizo werk goed)

• 1 koppie (250 ml) gaar edamamebon­e

• ½ koppie (125 ml) granaatpit­te

• 1 vinkelbol, fyngekap

• ½ koppie (125 ml) pietersiel­ie,

fyngekap

• sap van 1 suurlemoen

• ¼ koppie (60 ml) olyfolie

• sout en gemaalde swartpeper na smaak

Só maak jy

Kook die pêrelgort in die groenteaft­reksel tot dit gaar maar nog ferm is – volg die aanwysings op die pakkie. Hou dit eenkant. Trek intussen die derm van die wors af, breek die vleis in stukke en braai dit in ’n bietjie olyfolie gaar. Meng die wors deur die gaar koring en roer dan die edamamebon­e, granaatpit­te, vinkel en pietersiel­ie deur. Geur dit na smaak met die suurlemoen­sap, olyfolie, en sout en peper.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa