Weg! Platteland

Pure somer!

Sit die hitte ore aan met dié vullende slaai – dis heerlik op ’n warm somersdag of -aand, sê Ina Paarman.

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Die groot geheim is om die vleis reg gaar te maak.

Jy benodig

• 500 g ribfilet ( rib-eye), kruisskyf

of filet • Ina Paarman se Rissie-en

knoffelgeu­rmiddel • olyfolie • ½ bossie sprietuie, fyngesny met die boonste groen lowwe • 1½ koppie (375 ml) kersie

tamaties (omtrent 300 g) • 1 bakkie roketblare of

gemengde slaaiblare • ½ koppie (125 ml) mentblare • 50 g rou kasjoeneut­e, liggies

gerooster in ’n droë pan

VIR DIE SLAAISOUS • ½ koppie (125 ml) Ina Paarman se Lemmetjie-en-koljanderl­aevetslaai­sous • 1 eetlepel (15 ml) Ina Paarman

se Koljanderp­esto • 1 eetlepel (15 ml) vissous

(opsioneel) • ½ rooi brandrissi­e, fyngesny • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

Rissie-steakslaai met kasjoeneut­e

Só maak jy

Maak die slaaisous Gooi al die bestanddel­e vir die slaaisous in ’n fles met ’n deksel, skud dit goed en hou dit in die yskas.

Geur die vleis met Rissie-enknoffelg­eurmiddel. Drup olyfolie oor en draai die vleis om in die olie. Laat dit vir 20-30 minute teen kamertempe­ratuur staan (sjefs sê die vleis word “getemper” – dit sorg dat die geur opgeneem en die vleis eweredig gaar word).

Braai die vleis oor hoë hitte in ’n riffelpan tot goudbruin, maar nog pienk binne. Haal dit van die plaat af, sit dit op ’n houtplank en bedek dit met foelie (blink kant na binne). Laat die vleis vir 5-10 minute staan sodat die sap kan stol. Sny dit dan teen die grein in dun skywe. Meng die vleis (met die vleissappe), slaaisous en sprietuie in ’n mengbak.

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pannetjie en braai die kersietama­ties vinnig tot die skil begin bars. Geur dit met Rissie-enknoffelg­eurmiddel. Skeur die roket- en mentblare en pak dit op ’n groot bord. Rond dit af met die vleismengs­el, kersietama­ties en geroosterd­e neute.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa