Weg! Platteland

Só maak jy

-

A Bou ’n raam Lê een van die skuins pote b op die grond neer en sit een van die regop pote a bo-op dit neer – die boonste punte moet bymekaar wees en die onderste punte 850 mm van mekaar af. (Díe afstand is van die voorste rand van die skuins poot af tot aan die agterkant van die regop poot – dus die verste punte.) Sit nou een van die ander lang planke dwars oor die onderkant sodat jy ’n reghoekige driehoek het. Maak seker hierdie plank is haaks met die onderkant van die regop poot. 1 Wenk Gebruik ’n paar stukke afvalhout om die planke te stut sodat die affêre gelyk bly.

Merk nou aan die bokant van die skuins poot die hoek waarteen jy dit moet saag om dit plat teen die regop poot te laat pas. 2 Merk aan die onderkant van die skuins poot die hoek waarteen jy dit moet saag sodat dit gelyk is met die onderkant van die regop poot sodat dit plat op die grond kan staan. 3 Saag die skuins poot op hierdie twee lyne af sodat die twee stukke netjies teen mekaar pas as jy die 76 mm-kante teen mekaar sit en dit gelyk >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa