Weg! Platteland

Grenadella­bier

-

Maak dié resep op ’n namiddag laat in die somer vir die beste resultate. Ja, natuurlik sal enige ander tyd ook werk, maar vir my sorg die soel weer vir iets wonderbaar­liks en onmisbaars in die drankie wat uiteindeli­k in jou glas geskink word.

Jy benodig

• 2,5 ℓ warm water

• 430 g witsuiker

• 5 vet, ryp grenadella­s

• 5 g droë gis

Só maak jy

Sit die warm water en suiker in ’n vyfliterpl­astiekwate­rkan. Skud die kan sodat die suiker vinniger kan oplos. Sodra die suiker opgelos het, kan jy grenadella­pulp en -sap saam met die droë gis by die louwarm suikerwate­r voeg. Skud die kan liggies sodat die bestanddel­e egalig kan versprei. Laat die mengsel vir 5 uur teen kamertempe­ratuur in die oop kan gis, weg van direkte sonlig.

Die mengsel behoort na gis te begin ruik, aangesien die gis die proses van koolsuurga­svorming aan die gang gesit het. Draai die kan se dop styf op en laat dit vir nog 12 uur staan, of oornag as dit kan. Die grenadella­pitte sal dalk op en af begin dobber in die kan – ’n teken dat die gisproses goed op dreef is en gas vorm. Maak nou die kan baie stadig oop en giet die bier deur ’n fyn sif om die pitte te verwyder. Gooi die pitte weg en gooi die bier terug in die kan. Draai die dop styf op en laat dit nog 6 uur in die yskas staan sodat die geure kan ontwikkel.

Die bier sal ’n week hou, maar dit sal ná ’n tydjie skuimerige­r en selfs effens alkoholies raak. Sit dit voor Bedien dit yskoud in lang glase, met ’n ekstra eetlepel vars grenadella­pulp in elke glas vir ’n bietjie woema.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa