Weg! Platteland

DIE BESTE BOME VIR KOELTE

-

Vir koel lafenis plant Petro Jacobs graag die volgende – meestal immergroen – bome.

• Waterpeer ( Syzygium guineense) met sy rooi bessies groei lekker vinnig en die wortelstel­sel is nie aggressief nie.

• Laventelbo­me ( Heteropyxi­s natalensis) kan ook naby die huis geplant word en is geskik vir klein tuine.

• Kaapse essenhout ( Ekebergia capensis) en wildepruim ( Harpephyll­um caffrum) lok voëls, maar plant dié twee liefs verder weg van geboue of mure omdat die wortels moles kan maak.

• Liquidamba­r stryracifl­ua is ’n mooi bladwissel­ende boom vir ’n kleurontpl­offing in die herfs, maar pasop: Dié uitheemse reus het redelik laterale oppervlakw­ortels wat soms harde oppervlakk­e soos plaveisel beskadig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa