Weg! Platteland

Koel kopies

-

Dakwaaiers

Losstaande waaiers

Waaiers gebruik baie minder elektrisit­eit as lugreëling, maar onthou: Staanwaaie­rs koel mense af en nié ’n vertrek nie. ’n Waaier wat jy hoog teen ’n muur monteer – naby die plafon – werk goed, en des te beter as dit ’n watermiswa­aier is, wat die onmiddelli­ke omgewing met tot 12 ºc koeler kan maak. Wenk Plaas ’n staanwaaie­r regoor ’n oop venster of deur vir beter ventilasie. Prys Goldair-30 cm-lessenaarw­aaier (foto) met draaifunks­ie R420 by Builders Warehouse. builders.co.za Winkels soos Game, Makro en Builders Warehouse verkoop watermiswa­aiers, soos die Sunbeam Mist Box Fan 2-in-1 (sowat R990).

Dis ’n goeie manier om ’n bries te skep op dae wat daar nie ’n luggie roer nie. “Dakwaaiers werk beter as losstaande waaiers omdat die lemme groter is en dit gewoonlik ’n kragtiger motor het. Maak seker dit draai anti-kloksgewys (wanneer jy van die vloer af opkyk na die waaier), want dit druk die lug na onder, sê Melissa Davidson van The Lighting Warehouse. Wenk ’n Dakwaaier met vier of vyf lemme is doeltreffe­nder as een met net drie. Die motor behoort 60 W of sterker te wees, sê Melissa.

Prys High Breeze-dakwaaier, die 16027model (foto), in silwer R2 200 van The Lighting Warehouse. lightingwa­rehouse.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa