Weg! Platteland

Koeler in ’n kits

Dié kitsplanne verbruik geen – of baie min – energie.

-

• Maak hortjies, blindings of gordyne soggens toe voor die son jou huis warm bak. Wanneer die koeler aandluggie begin trek, kan jy dit weer wyd oopgooi.

• Sit ligte en elektriese toestelle af wat nie gebruik word nie. Gebruik energiebes­parende (CFL-) gloeilampe wat minder hitte uitstraal.

• Kook en bak douvoordag of saans ná sononder.

• Maak hoë vensters en dakvenster­s saans oop sodat warm lug kan ontsnap.

• Hang ’n klam handdoek voor jou waaier; dit sal die hitte absorbeer.

• Gebruik beddegoed van suiwer katoen. Sit jou lakens voor slapenstyd in ’n plastieksa­k in die vrieskas. Jy kan ook ’n warmwaters­ak vries en as ’n yspak gebruik.

• As niks werk nie, gaan kyk ’n laatmiddag­fliek (die teaters is heerlik koel) of hang in Woolworths rond. Hulle winkels is superkoel. ( Probeer die OK op Prinsalber­t... – Reds.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa