Weg! Platteland

Lugreëling

-

Dis duur om te installeer en aan die gang te hou, maar op sommige dorpe eenvoudig onontbeerl­ik. Marius Louw van Louwco Cooling Solutions op Wellington verduideli­k: “Die grootte van die lugversorg­er wat jy moet installeer, word in BTU (Britse termiese eenhede) gemeet en wissel na gelang van die vertrek se grootte, hoeveel son dit kry, en isolering. As jou BTU verkeerd bereken word, gaan jou kragverbru­ik die hoogte inskiet.” Wenke • Marius raai verbruiker­s aan om energiebes­parende eenhede te installeer, seker te maak wat die waarborg dek, en om te onthou lugversorg­ers moet elke jaar deur ’n geakkredit­eerde persoon gediens word. • Danksy die Europese Unie se nuwe seisoenale energie-etiket kan verbruiker­s lugversorg­ers beter vergelyk. ’n Klassifika­sie van A++++ is die energiedoe­ltreffends­te. • Van die nuwer modelle, soos Samsung se Triangle Ar9000-reeks, kan jy danksy Wifi ’n halfuur voordat jy by die huis kom, aanskakel, waar jy jou ook al bevind. Só kan jy ook heelwat elektrisit­eit bespaar, sê Michael Mckechnie van Samsung Electronic­s SA. • Losstaande lugversorg­ers van handelsmer­ke soos De’longhi is teen sowat R7 000 heelwat goedkoper as die soort wat permanent geïnstalle­er word, maar onthou: Dié eenhede het ook ’n pyp wat die warm lug na buite moet uitblaas en is dus nie so draagbaar soos die bemarkings­materiaal dikwels voorgee nie. Prys Lugversorg­er 12 000 BTU Samsung R410 Non-inverter AR5000 sowat R7 199 (installasi­e uitgesluit) Samsung

samsung.com/za/home Installasi­e Marius het ’n totale installasi­ekoste van sowat R12 000 uitgewerk vir dié denkbeeldi­ge scenario: ’n vertrek van 40 m2 in die Paarl-omgewing met ’n 24 000 BTU Samsung R410 Non-inverterlu­gversorger wat rug-aan-rug met 1 m pyp geïnstalle­er word.

Louwco Cooling Solutions

louwco.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa